Emoe

Emoe
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
D. novaehollandiae
Binomiale naam
Dromaius novaehollandiae
(Latham, 1790)[1]
Sinonieme

Dromiceius novaehollandiae

Die emoe (Dromaius novaehollandiae) is 'n loopvoël wat verwant is aan die volstruis en inheems aan Australië is. Dit is die enigste oorlewende spesie van die genus Dromaius en word aangetref oor die hele Australiese kontinent, behalwe in (menslike) digbevolkte, digbebosde en woestynagtige gebiede.[2] Dit is die tweede grootste lewende voël in die wêreld volgens hoogte (naas sy eweknie die volstruis), word 1,50 tot 2 meter hoog en weeg tot 60 kg. Die mannetjie is gewoonlik heelwat kleiner. 'n Emoe het 'n maklik-herkenbare voorkoms met sy lang nek en lang bene wat hom in staat stel om treë van tot 275 cm (9 voet) te gee. Emoes in die natuur handhaaf 'n gemaklike hardlooppas, maar kan ook vinnig hardloop en haal oor kort ente tot 50 km/h.[3] Mannetjies, sowel as wyfies het bruin grysbruin vere en 'n bloukleurige nek met yl vere daarop.

  1. Davies, S.J.J.F. (2003). "Emus". Grzimek's Animal Life Encyclopedia (2) 8 Birds I Tinamous and Ratites to Hoatzins. Ed. Hutchins, Michael. Farmington Hills, MI: Gale Group. 83–87. ISBN 0-7876-5784-0. 
  2. Davies, S.J.J.F. (1963). "Emus". Australian Natural History 14: 225–229.
  3. Speed of Animals by Infoplease.com.

Developed by StudentB